Rachel Carson

Rachel Carson
Rachel Carson in 1940
Gebore
Rachel Louise Carson

27 Mei 1907
Springdale, Pennsilvanië
Sterf14 April 1964 (op 56)
Silver Spring, Maryland
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepMariene bioloog, skrywer en omgewingspesialis
Bekend virThe Sea Around Us (1951)
The Edge of the Sea (1955)
Silent Spring (1962)
Termyn1937–1964

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Rachel Carson (27 Mei 1907 - 14 April 1964), Amerikaanse ekoloog, outeur en wetenskaplike, is bekend vir haar gawe om wetenskaplik korrekte feite met welsprekende skryfwerk te kombineer. Sy het twee van die mees invloedryke boeke van die laaste halfeeu geskryf wat sterk bygedra het tot die vorming van die omgewingsbeweging en het Kongres se idee van omgewingsrentmeesterskap geprikkel.

The Sea Around Us, 'n biografie van die see, was vir ses en tagtig weke op die nasionale topverkoperlys en het die Goue Medalje van die New York Dierkundevereniging, die Goue Medalje van Die Geografiese Vereniging van Philadelphia, die John Burroughs Medalje en die Nasionale Boektoekenning gewen en is uiteindelik in dertig tale vertaal.

Silent Spring, gepubliseer in 1962, het 'n nasionaal geopenbaarde twis oor die gebruik van insekdoders ontlont en uiteindelik die wêreld gewaarsku teen die gevare van chemiese vergiftiging. Silent Spring het ook in Engeland 'n topverkoper geword en word steeds beskou as die hoeksteen van die nuwe omgewingskunde. Tien jaar na Silent Spring die waarskuwing bekend gemaak het, is die gebruik van DDT in die Verenigde State verban.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search